
tye soos die wat ons deon baie meer sal mis, ons visvang vakansies.

met oom joe se bday geneem

Op my troudag 27 Maart 1993. Jy het vir ons Pa ingestaan en my in die kerk ingebring. Ek sal my klapsoen foto vir altyd koester. Kyk wie staan met die mikrofoon in die hand. Ek sal ons herinneringe vir altyd in my hart dra, en vir altyd lief wees vir jou. Jou kleinsus.
Van jou kinders
Ons wil net graag vir die Here baie dankie se vir die tyd wat hy nog n pa aan ons geleen het om ons lief te gehad het en groot te gemaak het as sy eie. Jy was vi ons n regte pa en oupa en nie soos n stief pa of oupa nie. Ons gaan jou baie mis. veraltyd sal jy in ons harte wees en gaan ons dank baar wees vir wat jy vir ons gedoen het en ons geleer het. Ons weet jy is op n veilige plek en sal vir niks in die wereld pleke met ons wil ruil nie. Jou plekie is leeg hier op aarde maar nie in ons harte nie.
Braam
Dad’s ek gaan die bier en visvang mis saam jou, net soos ek jou as dad’s gaan mis, jy was my pel , tjomma en kenakker. Jy los ‘n groot leemte in my meisiekind se lewe, ek sien jou weer my ou mata, rus in vrede vissers vriend.
Jou kinders, Braam, Annelie, Seun, Chris, Jaco en klein kind Keira-lee
Van jou Seun Brovano
Pa jy was n wonderlike persoon en die beste Pa wat ek ooit voor kon vra. Dit het nie saak gemaak hoe ek gevoel het nie jy het altyd n se ding gehad om my beter te laat voel en gaan dit baie mis. Jy was n hardwerkende persoon en gaan moeilik wees om jou skoene te vul maar ek gaan my beste probeer om half die persoon te wees wat jy was. Ek gaan jou veraltyd lief he en in my hart dra. Ek weet jy is nou op n veilige plek en in vrede (sonder pyn),in die Here se hande. Maar gaan jou veraltyd mis.
Ek weet jy gaan na ons kyk en jou hande van beskerming om ons hou tot die dag wat ons weer ontmoet.
Dankie liewe Here vir die tyd saam my vader.
Rus in vrede vader, tot weer sien.
Van jou Vrou
Dankie liewe Heer vir die 13jaar wat U Deon “my lovie” vir my geleen het. Lovie dankie vir die liefde wat ons kon deel, my lovie ek weet en almal weet jy het hard gewerk met jou tyd op aarde en dis jou tyd om te rus. Ek waardeer als wat jy vir my en my kinders gedoen het, jy was soos n pa vir hulle en nie soos n stief pa nie. Hulle kyk regtig op na jou en het jou onvoorwaardelik lief. Ek sal jou altyd lief he my lovie en weet nie wat God se plan vir my verder is sonder jou nie, maar ek vertrou dat jy nog steeds altyd daar sal wees vir my, jou liefde sal my dra. Ek weet want jy was nie net my man nie, maar ook my vriend, raadgewer en sielsgenoot.
Ek weet jy het hierdie laaste paar maande baie verlang na jou eie kinders wat reeds by Jesus is, maar julle is nou by mekaar en is nou baie gelukkig want jy is by hulle en ons gun jou die rus saam jou kinders in die Hemel. My Lovie, ek sal altyd lief wees vir jou. Rus in Vrede my man.
Jou vrou Martie