Deon Coetzer - 网上纪念网站

Sign in or Register

Choose Language - Last-memories.com

Choose Language - Last-memories.com
搜索: Go 高级搜索
主页
画廊
音频/视频
蜡烛
哀悼
纪念
生活故事
编辑页
悲伤支持
Deon Coetzer
生于 South Africa
43 years
102762
Bookmark and Share
家谱
纪念
paratjie

Ek het nie woorde nie, want ek weet jy nie meer hier, ons mis jou geweldig baie maar weet jy is veilig by Jesus, my lovie ek maak vanaand vrede met Jesus, ek was kwaad vir Hom en so ook vir jou omdat jy my alleen gelos het, en vir Jesus omdat hy toegelaat het dat jy van my weggevat word, maar vannaand weet ek daar `n doel met alles in die lewe en daarom wil ek vrede maak hier in my hart, en as ek jou fotos kyk en ek sien daardie mooi glimlag weet ek jy is gelukkig en so weet ek ook dat jy nou `n engel is wat ook oor my waak, en ek weet al die geluk en liefde wat ek voorentoe ontvang is omdat jy die bewaar engel oor my is. Rus in vrede my man. Ek sal jou nooit vergeet nie, Jaunita het my so mooi msg gestuur vandag en ja dit was die waarheid, dit lees soos volg: Vandag `n jaar gelede was daar n hardwerkende ou pel wat uit ons midde weggeneem is want die HERE het hom nodig gehad . Ja ou Deon jy kon misluk wees maar jou hart was vol goud. Rus sag my ou vriend jy altyd in ons gedagtes xxx. Dankie dat jy oor my waak.

fifi
dit voel of die tyd stil gestaan het maar dit het gevlieg. dis nou n jaar sedert jy wreed en grusaam uit ons lewe geruk is en die hartseer en verlange elke dag is met tye ondraaglik vir my. net soos pa het jy gaan werk en  nie weer terug gekom nie. al huil ek my oe uit oor jou weet ek ook dat jy nie sou wou terug kom nie. ek praat graag oor jou want ekt so baie memories van jou en jy was nie net my broer nie maar ook my bondgenoot en sielsgenoot. jou plek in my lewe is leeg. ek verlang baie na jou ouboet. rus in vrede, ek sal altyd lief wees vir jou.
annie
martie
My lovie soms is ek kwaad omdat jy my alleen gelos het in die vreeslike onregverdige lewe, ons huis word verkoop ek is soort van gedwing om uit vereeniging te gaan en ek wou daar bly vir jou, die besigheid is n ramp van dat jy nie meer hier is, ai ek weet jy kan nie sien wat ek skryf maar ek voel beter as dit voel ek praat met jou, dink jou familie het my ook verwerp deur dinge wat gebeur  in my lewe omdat jy nie meer hier is, dinge wat niemand verstaan ek is so alleen my liefste wens net jy was nog hier, niemand ken die seer kry als wat ek moet dun om dit te onderdruk maar niks werk nie, ek dank die vader net dat die drank duiwel my nog net nie getry vat het nie, want dit sal my kids teleurstel, satan try sy luck met my net waar hy gaan maar ek het n surprice vir hom, ek sal nie gaan le nie ek begin volgende week in marikana met my besigheid en ek weet jy sal daar wees vir my. Jou liefde sal my deur dra om weer te kan opstaan ek gaan dit doen vir jou my lovie tot weer sien.
jaco

hey dads ek ht laas sondag gan boot ry ek wet as dads kon sou dads saam gaan ry ht en gan vis vang ht ek ht oom daai dag bja gmis en da na ht ek karaoke gan sing ek weet ook oom sou saam my gsing ht ek word al amper 21 ek gan my partykie hou waar annelie en braam gtrou ht ek wens nt oom kon daai dag saam ns deel maar ek weet oom sal wel daar by ns wees in ns harte ek sal spesiaal n castle drink daai dag op oom en hm gniet ek mis oom bja soms kan ek it ng steets ni glo ni maar ns gaan aan en oom kyk ng steets oor ns verder in vrede rus dads lovies koosie

martie
My Lovie dit lyk seker simpel ek hier sit en n briefie vir jou skryf en jy is nie eers hier nie, maar hier in my hart weet ek jy kry my briefie, ek mis jou so Deon die mense verstaan nie wat in my hart aan gaan nie, mense oordeel my deur dinge wat hul hoor, maar weet jy hul kan glo wat hul wil ek weet waar is my hart, ek weet jy is elke oomblik saam my in als wat ek doen, en jou liefde wat jy vir my gehad het en wat ek steeds vir jou het hou my staande, Ek het besluit om nie die besigheid nou op te gee nie, want ek weet jy wil he dit moet werk, en ek gaan dit nog n kans gee, en ek vertrou dat jy van die Hemel af vir my steeds die lyding sal gee saam Onse Hemse Vader. Ek mis jou, en kan nie wag vir die dag om weer saam jou te wees nie. Jou vrou paratjie
martie

Deon se Grafsteen in Vanderbijlpark Begrafplaas ontwerp en opgerig deur sy vrou Martie en haar en Deon se Besigheid Elite Tombstones. Ons Mis jou geweldig Deon.

fifi
hi ouboet, dis vandag 5 mnde wat die dood jou kom haal het en ons mis en verlang nog net so erg na jou. daar gaan nie n dag verby dat ek nie aan jou dink en na jou verlang nie. soms is die pyn net te erg. naweke veral is vir my moeilik. Ek kry na al die mnde nog steeds n hol kol op my maag as ek net aan jou dink of van jou praat. Ek wens jou graf was naby dat ons dit kon gaan besoek maar nou is dit nie. ek sal altyd lief wees vir jou al is jy nie meer hier nie. ons almal mis jou geweldig baie. jy het so baie van ons se lewens verryk. jy moet lekker rus. lovies. fifi
Fifi
As ek so na jou foto kyk met die vis wat jy gevang het,dan voel jy so na aan my. Dit was jou geliefkoosde tydverdryf en jy lyk so trots hier met die bielie van n vis in jou hande. Net so trots is ek dat ek jou vir n ouboet gehad het. Die seer oor jy weg is,is nog baie vars en eina. Ek verlang vreeslik baie na jou en droom baie van jou. Dankie dat jy my lewe ryker gemaak het. Ek is baie lief vir jou.
fifi
Ouboet ons eerste nuwe jaar wat ons in gaan sonder jou en dis niks lekker nie. Niks is dieselfde nie en ons mis jou teenwoordigheid en jou se goed. Dis nie dat ons nie jou die rus en vrede gun nie ons mis jou net geweldig baie. Jy is net te gou weg van ons af. Ons mis jou vreeslik baie en is baie lief vir jou. Rus sag my boetie.
Jou seun Jaco

Pa ek mis jou regtig bja jou lag di leeu loop di grood voel parradys en al daai lawe dinge wt ns sam gdun ht j ht my vi 15jaar grood gmak my ini laerskool gesit en ini hoerskool my gleer visvang en ale dinge di meeste ht j my gleer en soner jou sou ek ni vndag gwees ht wa ek nou isi en ek mis jou ng elke dag einklik ns almel maar ek weet j ht ns plek in di heemel gan reg maak en j wag vi ns en dat j nou rus na al jou harde werk elke dag gan jou ng bja mis en pa mt in vrede rus liefde jou seun koos (Jaco)

fifi
Hallo ouboet, more is dit kersfees en al amper 2 mnde wat jy wreed van ons weggeskeur is. Martie het jou steen opgesit en nog is dit onwerklik vir ons dat jy nie hier is nie. Kersfees gaan maar droewig sonder jou wees maar ek glo daar sal saam met al die trane tog n lag ook wees. Jy was altyd die hart van elke geleentheid. Jy het n groot leemte gelos maar elkeen van ons wat vir jou lief is en was gaan darem baie memories he om uit te ruil in die hierdie feesgety. Dieselfde sal dit egter nooit weer wees nie. My wens vir vir jou in hierdie feesgety is baie vreugde,vrede, liefde en n salige ewige rus in die teenwoordigheid van onse Jesus Chrisus.  Baie liefde. Fifi
annie en ebbie
Hi swaer, jy weet dis amper kersfees en ek dink terug aan soveel kere wat ons kersfees saam spandeer het, hoe jy en martie altyd vir almal ietsie wou gee vir kersfees al was dit iets klein, dit was altyd diep uit julle harte uit. Ek gaan die saamwees oor kersfeestye mis en weet dat die jaar nie selfde gaan wees nie. Ons gaan visvang en gaan beslis jou mis daar, onthou die lekker tye by erina-spa en die vaalrivier. Dit is baie lekker herhinneringe. Ons weet dat jy wel daar sal wees in ons gedagtes . Sal jou nie maklik vergeet nie. Mis jou baie
fifi

13 Desember 2008

My ouboet as ek eers op die site is wil ek nie af nie want dan voel ek baie naby aan jou en dit comfort my in n mate. Sussa(Leanore) se ook altyd vir my ouma jy was darem baie lief vir oom Deon ne. Sy het nou die dag gese hoe seer haar hartjie is want sy het altyd so lekker by jul gekuier saam met my. Weet net dat daar so baie mense is wat vir jou lief was. Jy het ons almal se lewe aangeraak van groot tot klein. Al wou ons jou nog vreeslik graag nog n rukkie by ons gehad het,het jy darem baie goeie memories by ons agtergelaat. Ons het die voorreg gehad om baie dinge saam te doen en ek is vandag dankbaar daarvoor. My boetie jy moet lekker rus, toe jy in die aardse lewe was en moeg was en ons vir jou gese het Deon slaap so bietjie, het jy gese jy sal lank rus eendag as jy die lewe laat. Jy lewe nou vir altyd in die Hemel en jy kan sommer baie rus. Geniet dit my boetie. Eks baie lief vir jou en mis jou baie .

jacques

Ja Swaer! Ek ken jou amper net solank as wat ek Antoinette ken(baie lank).Ons het ons verskille gehad maar gou uitsorteer voordat dit ons vriendskap belemmer het. Ek is self n ouboet en kan my net indink hoe die ander voel omdat jy so vinnig weg is. Ek sal jou altyd onthou as die "pa" van Antoinette want jy het altyd hard baklei vir haar. Die duiwel het jou lewe op aarde gesteel maar Jesus het as beloning jou die ewige lewe gegee, en dis waarom alles gaan. Om eendag daar te wees waar jy nou is. Geniet  dit en maak plek vir almal ons sien jou gou weer.

Swaer Jacques

antoinette

10 Novemer 2008

My hartjie is so seer waar ek nou sit om jou briefie te skryf,en weet jy ek dink nou dat miskien moes ek eerder toe ek die kans gehad het,vir jou gese het wat jy vir my beteken,maar dan het ek my troos in Jesus,en weet ek dat ons net jou liggaam tot rus gaan le, jy my boetie lewe en jy sal vir altyd lewe want jy is n Koningskind en jy het die ewige lewe be-erwe. as ek na die foto van jou kyk dan dink ek:"weet jy die Here het toe jy die aardse lewe gelaat gelaat het,het hy so met jou in die paradys gaan brek en vir almal gaan se, kyk hier is hy dis My seun Deon Coetzer dis My Deon." Al is dit vir ons swaar weet ek dat hierdie net n tydelike skeiding is, en dat ek jou weer sal sien binnekort as die Here ons kom haal.Ek troos my dat jy my boetie saam Jesus is en dat jy geen pyn,hartseer of swaar kry ooit weersal hoef te dra nie. So my soen op jou voorkop nou die aand was sommer my "baai" tot ek jou weer sien, love you lots en mis jou al klaar. Liefde jou klein sussie Antoinette of soos jy sou se Anna.

 

Johannes 5:24 Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek se,en in Hom glo wat my gestuur het,het die ewige lewe.Hy word nie veroordeel nie,maar het reeds uit die lewe na die dood oor gegaan.

Moekie

Ek kan nie in woorde beskryf hoe ek jou mis en hoe leeg jou plek is nie. Jy was altyd liefdevol en behulpsaam en respekvol tenoor my. Ek sal altyd trots wees op jou.Jy was wreed van ons weggeskeur, ons neem swaar van jou afskeid,maar deur die genade van Jesus weet ons jy is  by ons Jesus gesond,heel,sonder pyn en lyding en sonder bekommernisse of swaar kry.Dit troos om te weet dat jy nou by Pa en jou kinders is,wat jy al soveel jare mis en na verlang het.Ek sal jou nooit vergeet nie en jy sal altyd in my hart en in my gedagtes wees.Jou rus vredevol sag en rustig wees. Ek weet jy was met ope arms ontvang deur onse Hemelse Vader.

Met al my liefde

Moekie

Fifi en Piet
Ouboet ek het so baie om vir jou te se. Die belangrikste is dat ek baie lief was en is vir jou. Maar dit weet jy want jy was nie net n broer vir my nie maar ook soos n seun vir my.Ek mis jou alreeds oneindig baie. Jou plek is leeg maar in my hart sal jy altyd bly leef.Ek gun jou die rus my boetie, jy hoef nooit weer hard te werk en jou  hande eelte te werk nie.JY was so moeg maar is nou verlos van al die swaar kry, hartseer en laste.Die Here sal baie beter na jou kyk as die wrede lewe waar in ons vandag lewe.Ons ken nie die Here se wee nie, en al is ek stukkend omdat jy so skielik uit my lewe geruk is, weet ek jy is op n beter plek.JY is nou in die beste geselskap daar waar jy aan die voete van die Here sit,doen vir my n goeie woordjie sal jy.Die Here pluk altyd die beste blommetjies eerste.As die bulle weer speel sal ek jou hemp met trots aantrek en vir hul skree,ek weet dit sal n smile op jou gesig sit omdat jy weet dat ek niks van die bulle hou nie yeg. Ek is baie lief vir jou my boetie jy moet lekker rus. Se groete vir Pa en jou kinders. Tot ons mekaar weer eendag sien. Geniet elke oomblik in die tuin van God.  Mis jou ontsettend baie en baie lief vir jou. Love you forever. Fifi en Piet                                                                                                                                
Dorothy

Aan my Ouboet,

Jy het gedink jy kan hard en kwaai wees maar jou hartjie was klein. Jy was n regte korrelkop maar ons het mekaar goed verstaan. Ons gaan jou baie mis. Lief vir jou.

Jou suster Dorothy

Floors

Liefste Ouboet,

MY hart is seer elke keer wanneer ek besef jy is finaal weg. Daar is nog so baie wat ek saam met jou wou gedoen het.Ek het my ouboet verloor so wel as my beste vriend.Jy het selfs vir ons Pa ingestaan toe hy nie meer daar was nie.Ek kon altyd op jou staatmaak, maak nie saak wat ek van jou wou he nie,jy was altyd daar vir my. Ek gaan jou baie mis en daar sal altyd n oop kol in my hart wees,wat leeg sal wees totdat ek en jy weer ontmoet. Wanneer ek besef jy is saam met Jesus en Hy het al jou hartseer, smart en swaar kry weg gevat,en jou weer n nuwe mens gemaak kry ek n kalmte in my hart.Ek sou jou graar weer n "hug" wou gee net om dankie te se vir als en dat ek baie lief is vir jou.Baie dankie vir jou liefde geduld en ope arms wat ek ontvang het dit sal vir altyd by my bly. Totsiens, tot ons weer ontmoet hoop jy doen n goeie woordjie vir my om n plekkie langs jou te kry. Sien jou weer. Floors

Alet

Deon daar is nie woorde wat kan beskryf hoe leeg jou plek in my lewe sal wees nie. Maar ek het die wete dat jy nou by ons Here is en dit help my berus dat jy nou saam Pa en jou kinders is. Ek weet dat jy baie na hul verlang het en dat jy uitgesien het om hul weer te sien. Jy sal altyd in my hart bly en deel van my lewe wees. Ek sal jou nooit vergeet nie. Jy het altyd vir my goeie raad gegee, en ek kan op kyk met soveel trots na jou want jy het groot respek en liefde vir ons almal gehad.

Ek is baie lief vir jou en sal jou baie mis.

Baie liefde

Alet

LOUISA EN FLIP

AAN MY BOETIE DEON,

JY IS SOOS N SAKKIE POTPOURIE, AL JOU BLAARTJIES HET AL DROOG GEWORD VAN AL DIE LEWENSWINDE WAT AL OOR JOU GEWAAI HET VAN SWAAR KRY EN HARTSEER.MAAR TENSPYTE DAARVAN HET JY NOG  DIE LIEFLIKSTE GEUR IN ALMAL WAT JY LIEFHET SE LEWE VERSPREI.DANKIE DAT JY DAAR WAS VIR MY EN MY GETROOS HET MET MY PROBLEME. JY IS NOU BY ONSE VADER IN DIE HEMEL EN BY ONS PA EN JOU KINDERS. ONS SAL JOU ALTY IN ONS GEDAGTES ONTHOU EN ALS WAT ONS SAAM GEDOEN HET.

MET BAIE LIEFDE JOU SUSTER LOUISA EN FLIP

fifi en piet
Ai my ouboet, hoe mis ons jou nie alreeds nie. So wil ek jou altyd onthou,besig om jou geliefkoosde tydverdryf te doen.Ons en jou paaie het nog al die jare hand aan hand geloop. ek kan nie van een keer onthou dat ek ,en jy rusie oor iets gekry het nie. Ons het nie altyd oor als saam gestem nie, veral nie oor die blou bulle nie , he he he. Ek het altyd soos n moederhen al om jou gekloek tot baie mense se frustrasie glo ek,maar jy het dit maar gedwee aanvaar want jy wou nie my gevoelens seer maak nie,dankie daarvoor.Ek het al die jare gese ek gaan by jou in trek as ek oud is en nou het jy my voor uitgegaan na ons Hemelse Vader toe. Dis reg my boetie jy moet dit geniet in jou nuwe Tuiste eks seker jy sal nie plekke  wil ruil ruil met een van ons nie. Jy moet dit geniet in die Huis van ons Vader, jy is nou verewig verlos van aardse bekommernisse,skulde en laste. Ons is baie lief vir jou en jy sal voortleef in ons harte. Dankie vir jou laaste naweek wat jy met ons gedeel het en spesiaal vir ons gemaak het. Lief jou baie. vir altyd Fifi.
annie en ebbie
Ons sal deon altyd in ons gedagtes he, die memories gaan vir altyd by ons wees, al die lekker saamlag en kuiertjies gaan ons mis en partytjies gaan leeg wees sonder hom.
annie en ebbie
by erina spa, lekker ontspan.
回忆总数: 32
页:: 2  « 1 2 »
分享您的回忆
  • Sign in or Register